My Own Song - Amanda Tiffin Trio

With Amanda Tiffin (vocals & piano), Shaun Johannes (bass) and Langa Dubazana (drums)

Amanda Tiffin is one of Cape Town’s best loved pianists and vocalists and has performed on stages all over the country and internationally. She is equally at home performing jazz classics, pop and folk music in tribute shows or conducting the acclaimed all-woman big band, the Lady Day Big Band. Experience Amanda Tiffin’s velvet voice and tasteful piano in a pared down intimate setting, performing a selection of her own compositions and some familiar songs that have been reworked to receive the Amanda Tiffin acoustic treatment. Together with her jazz trio: bass maestro Shaun Johannes and young up and coming drummer Langa Dubazana, she will take listeners on a musical journey from personal and gentle acoustic stories to soaring emotional heights, from simple pop melodies framed with a jazz touch to fiery samba rhythms and playful scat solos.

Met Amanda Tiffin (stem & klavier), Shaun Johannes (baskitaar) en Langa Dubazana (tromme)

Amanda Tiffin is een van Kaapstad se mees geliefde pianiste en sangers en het reeds op verhoë regoor die land én internasionaal opgetree. Sy is ewe tuis op die verhoog vir klassieke jazz, pop en folkmusiek in huldigingskonserte of begeleiding van die vroue big band, Lady Day Big Band. Beleef Amanda Tiffin se fluweelstem en artistieke klavierspel in ’n kleiner intieme omgewing, waar ’n keur van haar eie komposisies, asook bekende musiek wat in die styl van haar akoestiese vernuf verwerk is, opgevoer word. Saam met haar jazz-trio: baskitaar-maestro Shaun Johannes en jong opkomende tromspeler Langa Dubazana, neem sy die gehoor op ’n musikale reis van persoonlike en sagte akoestiese stories, tot swewende emosionele hoogtes, van eenvoudige popmelodieë omarm met jazz, tot vurige samba-ritmes en speelse scat-solo’s.

Inligting

Datum
Tyd
Tydsduur

5 Augustus
20:30
90 min

Venue

Banketsaal

Scroll to Top