Deelfontein

Made possible by NB Publishers | Moontlik gemaak deur NB Uitgewers

Boekstorie met Nicole Jaekel Strauss en Elna van der Merwe (gespreksleier)

In Maart 1900 reis die jong Engelse dokter Oliver Glenville na Deelfontein in die Karoo om by ’n Britse veldhospitaal vir offisiere aan te sluit. Wat aanvanklik na ’n eksotiese avontuur klink en ’n geleentheid om sy splinternuwe Brownie-kamera op die proef te stel, verander spoedig in ’n uitdaging van ’n ander aard. Die ellende van Britse soldate en Boerekrygers tref hom hard en die Britse owerhede se aggressiewe oorlogsbeleid maak hom toenemend ongemaklik. En daar is Klara Grootboom, ’n skoonmaker by die hospitaal, wat hom onkant vang met ’n ongewone versoek. Dit wat sy van hom vra, druis teen al sy persoonlike en professionele beginsels in, maar dis asof sy hom in ’n vangnet van haar eie het. Meer as ’n honderd jaar later skep ’n opkomende Kaapse kunstenaar ’n uitstalling uit Deelfontein se gegewens om sin te maak van haar herkoms en die rol wat kuns kan speel om die impak van magsmisbruik teen te werk. In die proses ontdek sy ’n onverwagse familieband … Hierdie en ander boeke is te koop in die Boekeparadys, waar jy kan kies tussen ’n reeks boeke en aandenkings, asook ’n paar winskopies.

Nicole Jaekel Strauss ontvang in 2009 haar MA in Kreatiewe Skryfwerk (cum laude). Haar debuut-kortverhaalbundel, Maal (2010), het die Eugène Maraisprys en die UJ-debuutprys gewen. Haar tweede bundel kortverhale, As in die mond (2017), is bekroon met die Jan Rabie/Rapportprys. In 2021 verskyn haar debuutroman, Om alleen te gaan. Sy woon in Kaapstad.

Inligting

Datum
Tyd
Tydsduur

6 Augustus
12:30
45 min

Venue

Banketsaal

Scroll to Top