Nou in infrarooi

Made possible by NB Publishers | Moontlik gemaak deur NB Uitgewers

Boekstorie met Tom Dreyer en Elna van der Merwe (gespreksleier)

Fisika, die metafisiese, en soms selfs wetenskapfiksie word onder meer verweef in die bekroonde skrywer Tom Dreyer se debuutbundel, Nou in infrarooi. Soos die titel suggereer, gaan dit hier oor dit wat sigbaar is versus dit wat nié deur blote sig waarneembaar is nie. Die gedigte begin in die konkrete. Met fyn waarneming word bestaande plekke – sommige naby en ander ver – taktiel uitgebeeld. Dit is veral waar in die vele reisgedigte en natuurgedigte. Hiermee saam hang die verkenning van die onsigbare: van identiteit, ’n soeke na waar jy hoort, en van die mens se nietigheid binne die onmeetbare ruimtelike bestel. Ook verlange, weemoed en liefde word in hierdie bundel verken. Die eerlike, ontroerende liefdesgedigte, ontdaan aan sentiment, tel onder die bundel se vele hoogtepunte. Dit is ’n poëtika gekenmerk deur die evokatiewe gebruik van klank, en die keuse van die presiese resonante woord. ’n Bundel waarmee Dreyer hom onomwonde as digter vestig. Hierdie en ander boeke is te koop in die Boekeparadys, waar jy kan kies tussen ’n reeks boeke en aandenkings, asook ’n paar winskopies. 

Tom Dreyer se Stinkafrikaners (2000) is met die Eugène Maraisprys bekroon. Sy ander romans is Erdvarkfontein (1998), Equatoria (2006), Dorado (2016) en The Long Wave (2016). In 2022 verskyn Kodachrome, ’n bundel kort prosa. Van sy gedigte het in bloemlesings en joernale verskyn. In 2019 wen hy die AVBOB-digkunskompetisie in die Afrikaans-kategorie.

Inligting

Datum
Tyd
Tydsduur

4 Augustus
12:30
45 min.

Prys

Gratis

Venue

Banketsaal

Scroll to Top